On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

International

Die grootste, langste en hardste van 2023

───   10:44 Sun, 31 Dec 2023

Die grootste, langste en hardste van 2023 | News Article
Die Amerikaanse YouTuber Airrack met sy grootste pizza in die wêreld. Foto: Guinness-wêreldrekords

Die wenner van die wêreld se grootste boerpot van $2,04 miljard het sy kaartjie met slegs $2 gekoop.

Vanjaar se beste rekords wat deur Guinness-wêreldrekords erken is, sluit in prins Harry, die vrou wat die hardste ’n wind kon opbreek, die grootste pizza en die seun met die langste hare.

Die webwerf news18.com het die volgende lysie saamgestel:

1. Prins Harry se memoires, getiteld Spare, het geskiedenis gemaak as die nie-fiksieboek waarvan die meeste kopieë op die eerste dag verkoop is. Altesame 1,43 miljoen boeke is verkoop.

2. Die wêreld se grootste pizza is deur die Amerikaanse YouTuber Airrack in samewerking met Pizza Hut gemaak Die kolossale pizza van 1296,72 vierkante meter het meer as ses ton deeg bevat.

3. Edwin Castro van Kalifornië het $2,04 miljard in die grootste boerpot van alle tye gewen met ’n kaartjie wat hy vir slegs $2 gekoop het. Hy kon sy wengeld in paaiemente oor ’n termyn van 29 jaar ontvang het maar was tevrede met ’n enkelbedrag van $997,6 miljoen. Ná belasting afgetrek is het hy met $628,5 miljoen weggestap.

4. James Martin van Noord-Ierland het geskiedenis gemaak as die eerste akteur met Downsindroom om in ’n Oscar-bekroonde film, An Irish Goodbye, te verskyn. Die Oscar-toekennings het boonop saamgeval met James se 31ste verjaardag.

5. Die musieksensasie bekend as Taylor Swift het vanjaar die eerste lewende kunstenaar geword om 10 musiekalbums gelyktydig op die Amerikaanse Billboard 200-trefferparade te hê.

6. Kimberly Kimycola Winter van Maryland, VSA, het die rekord vir die wêreld se hardste windopbreek (burp) verbeter met 'n indrukwekkende 107,3 desibel.

Kimberly Kimycola Winter. Foto: Guinness-wêreldrekords

7. Die rolprententoesias Zach Swope van die VSA het die rekord verbeter vir die meeste films wat in 'n filmteater in een jaar gesien is. Tussen Julie 2022 en Julie 2023 het Zach altesame 777 flieks gesien en die vorige rekord van 715 wat Vincent Krohn van Frankryk in 2018 opgestel het, verbeter.

8. Sidakdeep Singh Chahal (15) van Uttar Pradesh, Indië, hou die wêreldrekord vir die tienerseun met die langste hare. Sy hare was 146 cm lank toe die rekord opgestel is. Sidakdeep se hare is nog nooit sedert sy geboorte gesny nie. Hy versorg sy indrukwekkende maanhaar deur dit twee keer 'n week te was, droog te maak en te borsel.

SidakdeepSingh Chahal. Foto: Guinness-wêreldrekords

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.