On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Dapper man speel gholf terwyl slange ‘toekyk’

───   10:36 Sat, 30 Dec 2023

Dapper man speel gholf terwyl slange ‘toekyk’ | News Article
Foto: Instagram/gholfjunkie1

‘Net twee slange wat gholf geniet.’

“Sal jy nog afslaan?” is die vraag by dié video van ’n man wat komkommerkoel ’n gholfballetjie wegslaan met twee slange slegs enkele meters van hom af.

Volgens kommentaar wat op die video gelewer is, is die twee slange óf besig om te baklei, óf besig om te paar. “Ek dink nie dit is gholf wat daardie slange geniet nie,” lui een kommentaar. “Kry ’n kamer!”

Die video is vroeër vandeesmaand by die St. Lucia-gholfbaan in Brisbane, Australië geneem en deur ene gholfjunkie1 op Instagram gedeel.

Die slange is ’n soort luislang (carpet python), nie-giftig en is glo "ideale troeteldiere".  


OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.