On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Australië: Tienerseun dood in haai-aanval

───   09:38 Fri, 29 Dec 2023

Australië: Tienerseun dood in haai-aanval | News Article
Khai Cowley. Foto: Surfing South Australia

Ooggetuies sê die haai-aanval het tussen 30 m en 40 m van die strand gebeur.

Khai Cowley (15) is gister (28/12) deur ’n haai in Suid-Australië aangeval. Hy was besig met brandplankry by ’n vakansieoord naby die afgeleë Ethelstrand van die Yorke-skiereiland, wes van Adelaide, toe die voorval gebeur het.

Volgens ooggetuies het die aanval sowat 30 m tot 40 m van die strand gebeur. Die BBC berig nooddienste was gou op die toneel, maar kon nie die seun red nie.

Surfing South Australia sê in ’n huldeblyk hy is “verpletter om te hoor dat 'n jong, talentvolle en geliefde lid van ons branderplankry-gemeenskap in die haai-aanval betrokke was. Ons innigste simpatie aan sy familie.”

‘Dit lyk of daar nou baie meer van hulle is’

Die betrokke haai was vermoedelik ’n grootwithaai, wat ongewoon vir die gebied is. ’n Inwoner het aan ABC News gesê die aanval was die eerste noodlottige haai-aanval by die vakansieoord. Hy sê die gebied het nog altyd haaie gehad – "maar dit lyk of daar nou baie meer van hulle is".

Die haai-aanval is die jongste van verskeie in Suid-Australiese waters die afgelope paar maande. In Mei is 'n branderplankryer langs die Eyre-skiereiland doodgebyt, en in Februarie is 'n meisie in 'n rivier in Perth, die hoofstad van Wes-Australië, deur 'n haai vermink.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.