On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

International

Hamas bevry 2 Suid-Afrikaanse gyselaars

───   09:09 Tue, 28 Nov 2023

Hamas bevry 2 Suid-Afrikaanse gyselaars | News Article
100 000 mense het by die parlement se heuwel in Ottawa, Kanada, saamgedrom en eis ’n permanente wapenstilstand in Gasa. Foto: Twitter

“Ons spreek ook ons teleurstelling uit dat die Suid-Afrikaanse regering geen betekenisvolle rol in die vrylating van die gyselaars gespeel het en steeds speel nie.”

Aviva Siegel (64) en Channah Peri (79) is as gyselaar geneem toe die Palestynse militantegroep Hamas op 7 Oktober ’n verrassingsaanval in Israel uitgevoer het.

Siegel is uit die Kibboets Kfar Aza ontvoer saam met haar Amerikaanse man, Keith, wat steeds aangehou word.

Peri, van Kibboets Nirim, se een seun is op 7 Oktober dood terwyl haar ander seun, Yadav, steeds ’n gyselaar is.

In die skietstilstand tussen Israel en Hamas wat Vrydag begin het, is gesien hoe tientalle gyselaars bevry is, met meer as 100 Palestynse gevangenes wat in ruil deur Israel vrygelaat is.

Volgens dié ooreenkoms sou 50 gyselaars wat deur Hamas aangehou word, oor vier dae bevry word in ruil vir 150 Palestynse gevangenes.

’n Ingeboude meganisme verleng dit as minstens 10 Israeliese gyselaars elke ekstra dag vrygelaat word.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) se Nasionale Direkteur Wendy Kahn sê die raad is teleurgesteld dat die regering nie ’n rol gespeel het in die vrylating van die gyselaars nie.

“Die SAJBD bedank Katar, Egipte, Israel en Amerika vir die fasilitering van die skietstilstand en vrylating van gyselaars en die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse burgers bevry kon word.

“Ons spreek ook ons teleurstelling uit dat die Suid-Afrikaanse regering geen betekenisvolle rol in die vrylating van die gyselaars gespeel het en steeds speel nie, wat die faktor is wat uiteindelik tot hierdie tydelike skietstilstand gelei het.

"Die SAJBD gaan voort om te vra vir die vrylating van al die gyselaars. Ons respekteer die families se versoek vir privaatheid en gaan voort om ons gebede en ondersteuning aan hulle te bied in hierdie baie moeilike tyd."


Gasa-skietstilstand sal met 48 uur verleng word

Die skietstilstand tussen Israel en Hamas in die Gasa-strook sal met twee dae verleng word, het die Palestynse groep en bemiddelaar Katar Maandag gesê, wat die weg baan vir die verdere vrylating van gyselaars en gevangenes.

Met net ure om te gaan voordat die sogenaamde “humanitêre pouse” vroeg Dinsdag sou eindig, het Hamas gesê ’n ooreenkoms is bereik om dit met 48 uur te verleng onder die bestaande bepalings.

Daar was geen onmiddellike bevestiging van Israel nie, wat die VN se sekretaris-generaal António Guterres nietemin bestempel het as “ ’n blik op hoop en menslikheid in die middel van die duisternis van oorlog”.

Katar, met die steun van Amerika en Egipte, is besig met intense onderhandelinge om die skietstilstand in Gasa te vestig en te verleng.

Hamas, wat Gasa bestuur en die jongste rondte van gevegte ontketen het deur verlede maand ’n bloedige oorgrensaanval te begin, sê hy is besig om ’n nuwe lys van gyselaars op te stel vir vrylating.

Intussen het die kantoor van premier Benjamin Netanyahu van Israel gesê dit het families ingelig oor die identiteite van gyselaars wat Maandag vrygelaat sal word, die laaste dag van die aanvanklike vier dae lange skietstilstand.

Israel was duidelik daaroor dat die “humanitêre pouse” ontwerp is om Hamas toe te laat om meer van die gyselaars te bevry wat hulle aangehou het sedert die aanval op 7 Oktober, wat 1 200 Israeli’s, insluitend baie vroue en kinders, doodgemaak het, volgens Israeliese amptenare.

Maar albei kante is onder druk om voort te bou op die onderbreking in vyandelikhede om humanitêre hulp toe te laat om burgerlikes in Gasa te bereik, waar Israel se veldtog teen Hamas byna 15 000 dood gelaat het, meestal Palestynse burgerlikes, volgens Gasa se Hamas-regering.

In nog 'n teken van toenemende internasionale kommer, het VN-regskenners Maandag gevra vir onafhanklike ondersoeke na beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom wat sedert 7 Oktober in Israel en die Palestynse gebiede gepleeg is. Die VN het ’n verklaring uitgereik waarin die behoefte beklemtoon word vir “spoedige, deursigtige en onafhanklike ondersoeke”.

OFM Nuus Corné/Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.