On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

International

Burgerlikes in Gasa sal daagliks vier uur hê om te vlug – Israel

───   10:42 Fri, 10 Nov 2023

Burgerlikes in Gasa sal daagliks vier uur hê om te vlug – Israel | News Article
In vergelyking met 'n formele skietstilstand, is humanitêre pouses geneig om vir korter tydperke te duur. Foto: Twitter.com

“Daar is taktiese, plaaslike pouses vir humanitêre hulp vir burgerlikes in Gasa, daar is geen skietstilstand nie.”

Amerika sê Israel sal elke dag vier uur lange militêre pouses in gebiede van die noorde van Gasa begin in werking stel om burgerlikes toe te laat om te vlug. John Kirby, Withuis-woordvoerder, sê dit is ’n “beduidende eerste stap”.

Die BBC berig die Israeliese weermag het vroeër gesê daar is taktiese, plaaslike pouses vir humanitêre hulp vir burgerlikes in Gasa en het dit duidelik gemaak – daar is geen skietstilstand nie.

Die BBC berig die Islamitiese Jihad-groep in Gasa het ’n video uitgereik van twee Israeliese gyselaars – ’n bejaarde vrou en 'n seun.

Daar was gevegte tussen Israel en Hamas naby die Al Quds-hospitaal in Gasastad. Die BBC se korrespondent in die Gasa-strook het gister laat oor "'n intense skietgeveg" in die gebied verslag gedoen.

Israel het in Gasa begin toeslaan ná die Hamas-aanvalle op 7 Oktober, waarin 1 400 mense dood en meer as 200 as gyselaar geneem is.

Meer as 10 800 mense is sedertdien in Gasa dood, volgens die Hamas-beheerde ministerie van gesondheid, insluitend meer as 4 400 kinders.

Verskeie lande, sowel as die Verenigde Nasies, het gevra vir 'n skietstilstand in die konflik tussen Israel en Hamas in Gasa.

Maar Brittanje, Amerika en die Europese Unie is onder diegene wat opgehou het om vir ’n  skietstilstand te vra en sê dit sal Hamas bevoordeel. Dié groep is deur Amerika en verskeie Westerse regerings as 'n terreurorganisasie aangewys.

Amerika sê hy verneem Israel sal daagliks met pouses van vier uur in gevegte in gebiede van die noorde van Gasa begin. Wêreldleiers, insluitend pres. Joe Biden van Amerika, het dae lank gevra vir 'n humanitêre pouses – maar hoe verskil dit van 'n skietstilstand?

In vergelyking met 'n formele skietstilstand, is humanitêre pouses geneig om vir korter tydperke te duur, soms net ’n paar uur.

Hulle word geïmplementeer met die doel om humanitêre ondersteuning te bied, in teenstelling met die bereiking van langtermyn- politieke oplossings, volgens die VN.

’n Skietstilstand is bedoel om langtermyn te wees en het dikwels ten doel om partye toe te laat om in dialoog betrokke te raak, insluitend die moontlikheid om 'n permanente politieke skikking te bereik, sê die VN.

OFM Nuus Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.