On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

International

Musk se Neuralink soek vrywilligers vir breinoperasie deur robot

───   14:02 Thu, 09 Nov 2023

Musk se Neuralink soek vrywilligers vir breinoperasie deur robot | News Article
Elon Musk. Photo: X/Neuralink

“In hierdie stadium is dit onduidelik of Elon Musk se maatskappy beplan om die vrywilligers te betaal of nie.”

Elon Musk se breininplantingsmaatskappy, Neuralink, is glo op soek na sy eerste vrywilliger wat ’n stuk van hul skedel sal laat verwyder sodat ’n robot elektrodes en superdun, haargtige drade in hul brein kan inplant, berig The Standard.

Aan die einde van die prosedure sal die ontvanger ’n rekenaar so groot soos 'n muntstuk in sy/haar kop hê. Neuralink is gebaseer in Fremont in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, en dit is een van baie maatskappye wat werk om senuweebeserings te behandel deur die senuweestelsel aan rekenaars te koppel.

“Ons skep die toekoms van breinkoppelvlakke en bou toestelle wat mense met verlamming sal help,” sê die organisasie. “Die eerste mense wat die skyfies ontvang, sal mense wees met ernstige rugbeserings soos paraplegie, petraplegie en kwadruplegie.”  


Bloomberg berig Neuralink se ideale kandidaat is 'n kwadrupleeg (iemand wat deur verlamming van al vier ledemate geraak word), en onder 40 jaar. Nadat ’n chirurg ’n deel van die skedel verwyder het, sal ’n robot, genaamd R1, wat toegerus sal wees met kameras, sensors en ’n naald, die prosedure uitvoer, berig The New York Post. R1 het al talle eksperimentele operasies op onder meer varke en skape uitgevoer. 

OFM Nuus  Daphné/Morné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.