On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

International

Hezbollah skram weg van algehele oorlog teen Israel – vir nou

───   10:40 Sun, 05 Nov 2023

Hezbollah skram weg van algehele oorlog teen Israel – vir nou | News Article
Hezbollah verskerp reeds die druk op Israel met toenemende oorgrensaanvalle. Foto: Iran Observer/twitter.com

“Alle opsies is op die tafel, die situasie enige tyd militêr eskaleer.”

Hezbollah skram weg van algehele oorlog teen Israel – vir nou.

Die Hezbollah-leier het sy tyd geneem om te reageer op die afgelope maand van bloedvergieting wat die Midde-Ooste in ’n oorlogsone verander het.

En toe Hassan Nasrallah gepraat het, was dit wat hy nié gesê het nie, net so belangrik soos dit wat hy gesê het.


Daar was nie ’n verklaring van algehele oorlog teen Israel nie. Ten minste, nie nou nie.

Die BBC berig Arabiese lande eis ’n onmiddellike wapenstilstand in Gasa, maar die VSA waarsku dit sal Hamas toelaat om te hergroepeer.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het leiers van Libanon, Katar en Jordanië in Amman ontmoet en aangedring op humanitêre onderbrekings in die gevegte.

Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het egter Vrydag gesê daar sal geen tydelike wapenstilstand met Hamas in Gasa wees totdat alle Israeliese gyselaars vrygelaat is nie.

Nasrallah weet daar is min aptyt in hierdie land vir nog 'n oorlog met sy magtige buurman. Die laaste een was in 2006. Libanese het genoeg probleme met ’n verpletterde ekonomie en ’n bankrot politieke stelsel.

Dit is ’n kragtige afskrikmiddel, asook die twee Amerikaanse vliegdekskepe wat onlangs na die oostelike dele van die Middellandse See ontplooi is.


Nasrallah het die saamtrek - duisende sterk - toegespreek deur 'n videoskakel vanaf 'n onbekende plek.

Dit was nie net sy ondersteuners wat aan elke woord gehang het nie. Sy toespraak moes in Tel Aviv en Washington geluister word. Wat Hezbollah doen – of nié doen nie – kan nou deurslaggewend wees.

Die Hezbollah-leier het verklaar dat “alle opsies op die tafel is”, en bygevoeg dat “die situasie enige tyd militêr kan eskaleer”.

Dit sal afhang, het hy gesê, van Israel se optrede in Gasa, en sy benadering tot Libanon.

Hezbollah verskerp reeds die druk op Israel met toenemende oorgrensaanvalle, wat die Israeliese weermag gedwing het om soldate na die gebied te stuur. Nasrallah het gesê 57 Hezbollah-vegters is die afgelope weke dood.

"Ek verseker jou dit sal nie die einde wees nie," het hy gesê, "dit sal nie voldoende wees nie." Voorspelbaar genoeg het hy die deur vir ’n verdere eskalasie oop gelos.


Nasrallah het daarop aangedring dat die aanvalle van 7 Oktober deur Hamas ’n "100% Palestynse operasie" was, wat in groot geheimhouding uitgevoer is. Dit was selfs van Hamas se bondgenote weerhou.

"Dit het geen verband met enige streeks- of internasionale kwessies nie," het hy gesê, en in werklikheid beweer hy het nie geweet nie en Iran ook nie.


Die aanduidings is dat Hezbollah beplan om die oorlog in Gasa vir eers aan Hamas oor te laat.

Maar daardie berekening kan vinnig verander as Hamas naby aan 'n nederlaag kom.

As Israel ’n oorwinning in Gasa behaal, kan die koste ’n veel groter oorlog wees – met Hezbollah.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.