On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Inspiration

Salileni Dagsorgsentrum in Bethlehem vra die gemeenskap vir hulp

───   10:09 Wed, 24 Apr 2024

Salileni Dagsorgsentrum in Bethlehem vra die gemeenskap vir hulp | News Article

Sentrums soos Salileni in Bethlehem skep ‘n veilige omgewing vir volwasse gestremde persone waarin hulle optimaal, volgens elkeen se individuele vermoëns en beperkings kan funksioneer.

Persone met gestremdhede voel dikwels uitgesluit, vereensaam en leef sosiaal geïsoleerd. Louisa van den Berg, bestuurder van die Salileni Dagsorgsentrum in Bethlehem, sluit by Yolanda Maartens aan. Sy verduidelik wat die uitdagings is, wat hulle op 'n daaglikse basis moet hanteer en wat van hul huidige behoeftes is. 

Die doel van die sentrums is om aan mense met gestremdhede ‘n plekkie binne ‘n eiesoortige groep te gee.  Daarom poog ENGO om vanuit ‘n Christelike perspektief programme wat fokus op die optimale funksionering van volwasse gestremde persone volgens elke individu se spesifieke vermoëns aan te bied. 

Hierdie sentrums skep ‘n veilige omgewing vir volwasse gestremde persone waarin hulle optimaal, volgens elkeen se individuele vermoëns en beperkings kan funksioneer. Hulle kry onder toesig die nodige leiding en ontwikkelingsgeleenthede.  Lede word versorg, leer verskeie vaardighede en ontvang ook opleiding in ‘n volwasse geletterdheidsprogram.  Lede word betrek by sosiale, kulturele, godsdienstige en kreatiewe programme en word deurlopend bemagtig om die gestremdheid waarmee hul saamleef te hanteer.


Engo is ‘n organisasie sonder winsbejag wat hoofsaaklik in die Vrystaat werk en versorging en berading bied aan kinders, gesinne, bejaardes, gestremdes en pasiënte in nood. As jy die sentrum kan help stuur ’n e-pos na salilenisgr8@gmail.com of bel 058 303 1799.

OFM dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.