On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Leerder (9) steek na bewering medeleerder (11) dood op Brandfort

───   HEIDRÈ MALGAS 14:38 Thu, 09 May 2024

Leerder (9) steek na bewering medeleerder (11) dood op Brandfort | News Article
Die 11-jarige leerder is drie keer gesteek. Foto: 123RF/exclusivelly.

“Die LUR vir Onderwys, Makalo Mohale, het sy skok uitgespreek en ’n beroep op alle skole gedoen om veilige ruimtes vir leerders én onderwysers te wees.”

’n Negejardige gr. 4-leerder (9) aan die Monamodi Primêre Skool op Brandfort in die Vrystaat het na bewering ’n medeleerder (11) met ’n mes doodgesteek.

“Kamogelo Leepile is ná skool drie keer naby sy huis gesteek,” sê Howard Ndaba, Vrystaatse Onderwyswoordvoerder. Die leerder is op die toneel oorlede.

Die verdagte se ma beweer haar kind het gekla dat hy gedurig deur die oorledene geboelie word. Ndaba sê die polisie ondersoek die omstandighede.

‘Dit kan slegs beskryf word as “afskuwelik” en ’n “tragedie” ’

Makalo Mohale, Onderwys-LUR, het sy skok uitgespreek en ’n beroep op alle skole gedoen om veilige ruimtes vir leerders én onderwysers te wees. Hy sê hierdie droewige voorval kan slegs beskryf word as “afskuwelik” en ’n “tragedie”.

“Ons neem hierdie tyd om ons innige meegevoel aan die familie, vriende en die skoolgemeenskap te stuur gedurende hierdie tyd van rou. Geen woorde is genoeg om ons hartseer oor die verlies van ’n kind uit te druk nie,” het Mohale gesê.

‘Ons veroordeel ten sterkste enige vorme van leerderwangedrag’

“Ons hoop dat die familie troos sal vind in die wete dat ons ook hul verlies deel.

“Ons veroordeel ten sterkste enige vorme van leerderwangedrag, insluitend boelies, en doen ’n beroep op ouers om by te dra tot die afdwinging van dissipline binne en buite die skoolomgewing,” het Mohale gesê.

Ndaba het bygevoeg dat hierdie voorval ten aanskoue van ander leerders gebeur het wat op pad huis toe was.

‘Mohale het ouers en onderwysers ... aangespoor om waaksaam te wees’

Psigososiale dienste en berading word sedertdien by albei skole aangebied.

Mohale het ouers en onderwysers deur skoolgebaseerde ondersteuningspanne aangespoor om waaksaam te wees en enige kommerwekkende tekens en onvanpaste gedrag van leerders op te merk om hierdie soort tragiese voorvalle in ons skole te voorkom.

OFM Nuus/Heidré Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.