On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Stilfontein-ontvoeringsverdagte bly in aanhouding

───   13:36 Thu, 09 May 2024

Stilfontein-ontvoeringsverdagte bly in aanhouding | News Article
Foto ter illustrasie

“Die twee (is) Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met ’n ontvoering buite ’n Stilfonteinse nagklub.”

Die 34-jarige wat die naweek in verband met die ontvoering van ’n 23-jarige op Stilfontein naby Klerksdorp in hegtenis geneem is, bly in aanhouding.

Nkosinathi Maphumulo het in die Stilfontein-landdroshof verskyn, terwyl die tweede beskuldigde in die saak steeds in die hospitaal onder polisiebewaking is.

Volgens die polisie is die twee Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in verband met  ’n ontvoering buite ’n Stilfonteinse nagklub.

‘Die verdagtes (het) ’n losprys van die slagoffers se familie geëis’

Die slagoffer se motor is ook gesteel en is verlate in die Khuma-woonbuurt gevind.

“Die saak is tot 15 Mei 2024 uitgestel,” sê kol. Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder.  Sy het vroeër aangedui dat die verdagtes ’n losprys van die slagoffers se familie geëis het. Hulle het na bewering gedreig om hom dood te maak as die familie nie saamwerk nie.

Die familie het Sondag, met die hulp van ’n gyselaar-onderhandelaar, ingestem om die losprys te betaal. Die verdagtes is deur die polisie gekonfronteer en gearresteer, nadat hulle die geld ontvang het.

OFM Nuus/Joba Matsheng mvh/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.