On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Ma gesoek ná gruvonds in veld by Upington

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:24 Tue, 07 May 2024

Ma gesoek ná gruvonds in veld by Upington | News Article
Foto: kesq.co.za

“Die eienaar van die hond het die polisie in kennis gestel waarna ’n ondersoek ingestel is.”

Upington se polisie krap al amper ’n jaar kop nadat ’n hond met ’n pasgeborene se skedel by sy eienaar se huis opgedaag het.

Die gruwelike gebeurtenis het op 18 Julie 2023 by ’n huis in Leerkrans afgespeel, sê ao. Omphile Masegela. Die eienaar van die hond het die polisie in kennis gestel waarna ’n ondersoek geloods is. Die res van die liggaam is in ’n nabygeleë veld gevind.

Die ma van die baba nie gevind nie en die polisie versoek die publiek om met enige inligting te help om die ondersoek af te handel.

‘Die honde het met die skedel by ’n plaasvoorman se huis opgedaag’

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte sers. Bahedile Nkwadipo by 082 495 4615 of 054 337 3400 kontak.

In 2020 het twee hond met menslike oorskot by ’n huis in Hamlet in die Breëriviervallei opgedaag. Die honde het op 20 November daardie jaar met die skedel, en wat lyk soos ribbes en nog ’n stuk been, by ’n plaasvoorman se huis opgedaag.

Vermoedelik was dit Gcobani Qwesha (28) se oorskot wat op 3 Oktober 2020 as vermis aangemeld is nadat hy deur die gemeenskap weggejaag is omdat hy glo sy vrou aangerand het.

‘Honde van die Worcester-honde-eenheid het die gebied gefynkam’

Qwesha het glo ’n kortpad, wat deur ’n veld loop, na die plaas geneem en is nog nie weer gesien nie.

Honde van die Worcester-honde-eenheid het die gebied gefynkam om te kyk of die res van die oorskot opgespoor kan word, maar hul soektog was onsuksesvol.

Hoewel DNS-monsters van familielede van Qwesha geneem is, is nooit bevestig dat dit wel sy oorskot was nie.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.