On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste jong man van Kakamas veilig gevind

───   09:26 Sat, 04 May 2024

Vermiste jong man van Kakamas veilig gevind | News Article
AJ Olivier. Foto: Verskaf

“Die eienaar van die woonstel het hom Dinsdag omstreeks 18:00 laas gesien toe hy in sy motor geklim en weggery het.”

Die jong man van Kakamas in die Noord-Kaap wat sedert Dinsdag (30/4) vermis is, is veilig in Pretoria gevind. 

AJ Olivier (21) se ma, Petro van der Westhuizen, het dit aan OFM Nuus bevestig. Van der Westhuizen sê lt.kol Nico Maree van Kakamas het haar laat weet dat haar seun veilig en ongedeerd by vriende in Pretoria is. Sy wit Toyota Etios met die nommerplaat CHF 730 NC is Vrydagoggend (3/5) in Pretoria opgemerk.

OFM Nuus het vroeër berig Olivier is Donderdag (2/5) deur sy familie as vermis aangemeld nadat die eienaar van die woonstel wat hy op Kakamas huur, hom Dinsdag (30/4) die laaste keer gesien het.

Nelis Prins, polisiewoordvoerder van Kakamas, sê die eienaar van die woonstel het hom Dinsdag omstreeks 18:00 laas gesien toe hy in sy motor geklim en weggery het. 

'Ek het agtergekom iets is nie lekker nie'

Olivier het op Upington grootgeword waarna hy na Kakamas verhuis het vir werk.

Sy ma het Dinsdag om 21:00 ’n boodskap van hom gekry om te vra of sy die geld wat hy inbetaal het, ontvang het. Daarna is sy selfoon afgeskakel.

“Ek het toe al geslaap en eers die volgende oggend sy boodskap beantwoord. Sy foon was af en dit het gelyk asof sy WhatsApp-profiel verwyder is.”

Van der Westhuizen sê hoewel AJ nie vreemd opgetree het nie, het sy wel opgelet dat sy gemoedstoestand die laaste tyd nie goed was nie. “Ek het agterkom iets is nie lekker nie, maar het nie gedink dit sal lei tot so iets nie.”

OFM Nuus cvdw/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.