On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Bloemskou: Vrystaatse polisie wen wéér

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:00 Thu, 02 May 2024

Bloemskou: Vrystaatse polisie wen wéér | News Article
Illustrasie: SAPD

Dit is die derde opeenvolgende jaar wat die SAPD hierdie toekenning wen, sê kapt. Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Vrystaat het ’n gesogte toekenning by vanjaar se Bloemskou ingepalm.

Die SAPD het Woensdag (24/4) ’n goue prestasietoekenning en ’n bykomende trofee by vanjaar se jaarlikse Bloemskou gewen.

Dit is die derde jaar in ’n ry wat die SAPD hierdie toekenning wen, sê kapt. Lorraine Earle, polisiewoordvoerder.

“Hierdie toekenning is ’n bewys van die onwrikbare toewyding en hoë standaarde wat deur elke eenheid gehandhaaf word, wat bydra tot die uitstalling se sukses,” sê Earle.

Die SAPD-stalletjie is in die Cosmos-saal en het die toekenning ontvang as die beste binne-uitstaller van die 2024-Bloemskou.

Verskeie eenhede word hier uitgestal, insluitend K9, Openbare Orde Polisiëring, Duik, Maatskaplike Misdaadvoorkoming, Forensiese Dienste, Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, asook die Valke.

Die SAPD het niks minder nie as 330 ander uitstallers by die geleentheid uitgestof, wat ’n merkwaardige prestasie is. 

Luitenant-generaal Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, het groot vreugde oor hierdie prestasie uitgespreek en die belangrikheid daarvan beklemtoon om uitnemendheid onder SAPD-lede te toon en die polisie se openbare beeld te versterk. “Die SAPD se stalletjie het weereens uitgeblink. Ek wil graag al die lede bedank vir hul uitsonderlike werk. Kom ons gaan voort om bewusmaking te verhoog en ons gemeenskappe te bemagtig om hul veiligheid te prioritiseer, sodat dit by hulle begin," het lt.genl. Motswenyane opgemerk.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.