On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes se LUR kort week om te besluit oor verpleegstersvakbond se eise

───   ZENANDE MPAME 12:37 Mon, 22 Apr 2024

Noordwes se LUR kort week om te besluit oor  verpleegstersvakbond se eise | News Article
Die sitstaking is uitgestel. Foto: denosa.org.za

“Die LUR en span vra om minstens ’n week te kry om met die departementele administrasie in gesprek te tree.”

Madoda Sambatha, Noordwes se LUR vir Gesondheid, het die verpleegstersvakbond versoek om hom tot Vrydag (26/4) kans te gee om te kyk na maniere om te voldoen aan die vakbond se eise om werklose verpleegsters in klinieke en hospitale in diens te neem.

Die sitstaking wat vir Maandagoggend (22/4) by die Departement van Gesondheid in Mahikeng beplan is, is uitgestel. Meer as 200 werklose verpleegsters eis onmiddellik werk by klinieke en hospitale.

“Die sitstaking is uitgestel en nie gekanselleer nie as gevolg van die Departement van Gesondheid en die LUR wat ons op die nippertjie gekontak het,” sê Mothusi Lebatle, sekretaris van die verpleegstersvakbond (Denosa) se studentebeweging in Noordwes.

Madoda Sambatha, LUR vir Gesondheid in Noordwes Foto: Facebook

“Die vergadering het Sondag (21/4) in Rustenburg plaasgevind waar die LUR versoek het om tot Vrydag (26/4) gegun te word. Op die vergadering het die departement die bedrag van R100 miljoen, wat aan Gesondheid toegewys is vir die aanstellings van verpleegkundiges, ná hersiening deur Gesondheid en Tesourie bevestig.”

Die LUR en span het gevra dat hulle minstens ’n week gegun word om met die departementele administrasie in gesprek te tree, sodat hulle die administrasiegedeelte finaliseer en na ons terugkom met ‘n positiewe antwoord, sê Lebatle.

Volgens Denosa het die Vrystaat ’n tekort aan verpleegpersoneel omdat meer as 200 verpleegkundiges wat hul gemeenskapsdiens sedert Junie verlede jaar voltooi het, nie in diens geneem is nie.

‘Die sitstaking is uitgestel weens skakeling met die LUR’

“Aanstellingsbriewe is voor 1 April aan die verpleegsters belowe, maar dit het nie gebeur nie want instansies sê het hulle het nie in die 2024/25-boekjaar daarvoor begroot nie,” sê Lebatle.

“Ons het die sitstaking uitgestel op grond van die verbintenis wat ons met die LUR en sy span het en glo dat die uitkoms positief sal wees.”

OFM Nuus/Zenande Mpame cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.