On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man van Kuruman kry 28 jaar vir gewapende roof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 16:03 Thu, 18 Apr 2024

Man van Kuruman kry 28 jaar vir gewapende roof | News Article
Foto: iStock

"Die ander drie verdagtes het met die geld en gesteelde items van die toneel gevlug."

’n Man van Kuruman is tot 28 jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof, net twee maande ná die misdaad.

Op 17 Februarie is ’n winkeleienaar in die Kuruman-omgewing deur vier mans genader, wat hulle as klante voorgedoen het. “Die beskuldigde, Keorapetse Kgaje (36), het ’n vuurwapen op die winkeleienaar gerig en hom van geld, selfone en sigarette beroof,” sê sers. Merapelo Pilane.

Die winkeleienaar, wat na sy slaapkamer gedwing is om nog geld aan die beskuldigde te gee, het daarin geslaag om die bure se aandag te trek.

Die polisie is na die toneel ontbied, waarna die beskuldigde in hegtenis geneem is. Die ander drie verdagtes het met die geld en gesteelde items van die toneel gevlug.

’Die beskuldigde is ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit’

Die saak is verder deur sers. Eunice Ngono en konst. Mpumelelo Maruping van die Noord-Kaapse provinsiale eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade ondersoek, wat verseker het dat die beskuldigde voor die hof verskyn.

Kgaje is tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, tien jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, en ses jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Hy is ook ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

OFM News mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.