On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Centlec werk saam met Valke om swendelaars vas te trek

───   ZENANDE MPAME 12:44 Thu, 18 Apr 2024

Centlec werk saam met Valke om swendelaars vas te trek | News Article
Foto: Bloemfontein Courant

“Mangaung-inwoners het gewaarsku oor ’n nuwe bedrogspul waarby misdadigers, wat hulle as Centlec-werkers voordoen, betrokke is.”

Centlec het besluit om saam met die Valke te werk om swendelaars vas te trek wat hulle as werknemers van die kragvoorsiener voordoen.

Die Bloemfonteinse kragverspreider het verskeie klagtes ontvang oor dié swendelaars, wat na bewering inwoners bel, vir hulle sê daar’s met hul meterboks gepeuter en dan ’n boete van R3 000 eis. Kliënte word gedreig dat hul elektrisiteit gesny sal word as hulle nie die boete betaal nie.

‘Hierdie mense moet by die polisie aangemeld word’

“Ons het ’n aantal klagtes as Centlec ontvang oor sekere individue wat in die stad rondswerf en ons kliënte teister en terroriseer, en dreig om hul elektrisiteit te ontkoppel as hulle nie ’n sekere bedrag betaal nie,” sê Lele Mamatu, Centlec-woordvoerder.

“Ons wil ons kliënte waarsku dat hulle nie die prooi van hierdie soort mense moet word nie, aangesien hulle swendelaars is wat hulle van swaarverdiende geld probeer beroof. Hierdie mense moet by die polisie aangemeld word en ons as Centlec sodat hulle in hegtenis geneem kan word.”

Die gemeenskap word daaraan herinner om nooit kontantbetalings direk aan enigiemand te gee nie, aangesien Centlec-werkers nie toegelaat word om kontantbetalings van enige van hul kliënte te vra vir die dienste wat hulle lewer nie, sê Mamatu.

‘Inwoners word gevra om nie op dreigemente te reageer nie‘

Inwoners word gewaarsku oor hierdie swendelaars wat hulle as werknemers voordoen en word versoek om nie te reageer op die dreigemente wat deur hulle gemaak word nie. Hierdie sogenaamde werknemers van Centlec kontak kliënte deur die selfoonnommer 077 283 5265 te gebruik.

Lede van die gemeenskap word versoek om enige gemene spel of verdagte kriminele gedrag by die naaste polisiestasie aan te meld of om alternatiewelik Centlec se 24-uur-bedroglyn by 051 412 2239 of 064 616 5774 of fraudandcorruption@centlec.co.za te kontak.

OFM Nuus/Zenande Mpame mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.