On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

South Africa

Suid-Afrika sal op 29 Mei 2024 na stembus gaan

───   08:23 Wed, 21 Feb 2024

Suid-Afrika sal op 29 Mei 2024 na stembus gaan | News Article
President Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

“Behalwe vir die nakoming van ons grondwetlike verpligting, is hierdie komende verkiesings ook ’n viering van ons demokratiese reis en ’n bepaling van die toekoms wat ons almal begeer.”

Suid-Afrika gaan op 29 Mei na die stembus in die land se sewende demokratiese verkiesing sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand (20/2) aangekondig.

Die ANC, Ramaphosa se regerende party, word in die gesig gestaan deur ’n moeilike uitdaging om sy parlementêre meerderheid te behou.

Ingevolge artikel 49(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, gelees met artikel 17 van die Verkiesingswet van 1998, is 29 Mei 2024 as die datum vir die 2024 algemene verkiesing bepaal.

Ramaphosa het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geraadpleeg oor die verkiesingsdatum. Hy het ook ’n vergadering met al nege provinsiale premiers en die OVK belê om die stand van gereedheid vir die algemene verkiesing te bespreek.

Die 2024-verkiesing val saam met Suid-Afrika se viering van 30 jaar van vryheid en demokrasie. Daarom doen Ramaphosa ’n beroep op alle stemgeregtigde kiesers om ten volle deel te neem aan hierdie belangrike en historiese mylpaal van ons demokratiese kalender.



“Behalwe die nakoming van ons grondwetlike verpligting is hierdie komende verkiesing ook ’n viering van ons demokratiese reis en ’n bepaling van die toekoms wat ons almal begeer. 

“Ek doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hul demokratiese reg om te stem uit te oefen en vir diegene wat hul standpunt wil stel, om dit vreedsaam te doen binne die volle nakoming van die wet,” het president Ramaphosa gesê.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.