On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Peiling toon groot afname in steun vir ANC

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:43 Wed, 10 Apr 2024

Peiling toon groot afname in steun vir ANC | News Article
Foto: The South African

“Die steun vir die ANC het met 20 persentasiepunte gedaal.”

'n Opname, ses weke voor die verkiesing, toon die steun vir die ANC het met 20 persentasiepunte gedaal. 

Die Sosiale Navorsingstigting (SRF) het in April 1 835 geregistreerde kiesers ondervra en dit toon die steun vir die ANC het tot 37% gedaal. Hierdie afname het glo bygedra dat kiesers die uMkhonto weSizwe Party (MKP) steun, wat dit vir die party moontlik maak om die derde grootste politieke party in die land te word.

Die MKP het 'n stempersentasie van 13% geregistreer en die EFF het marginaal gegroei tot 11%. Die EFF het 10,8% van die stemme in die 2019-verkiesing gekry en die ANC 57,5%. 

‘Rise Mzansi kon net 1% in die opname behaal’

Die DA het 'n stempersentasie van 25% gekry, wat 'n moontlike styging van vyf persentsiepunte is teenoor die vorige verkiesing toe hy 20,7% van die stemme gekry het. Die SRF-opname toon 5% steun vir die IVP, en 2% vir die VF Plus,  ACDP en ActionSA . 

Rise Mzansi kon net 1% in die opname behaal wat minder as die foutmarge is. 

Die rand het gedaal nadat die peiling getoon het die ANC se steun neem af en die MKP kan moontlik die derde grootste party word. 

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.