The Delightful Blog
TBS: Mommy Matters - Plaaslike inspirasie vir jou volgende kinderpartytjie─── 08:40 Mon, 07 Dec 2015

Kinderpartytjies kan ‘n nagmerrie wees met temas wat elke ma sal laat wens sy het ‘n towerstaffie om dit vanself te laat gebeur. Gelukkig is Lizelle de Kock se boek “Party Time” jou volledige gids as dit kom by temas en partytjie idees. Haar plaaslike kennis en kreatiwiteit sal jou inspireer en help om met ‘n klein begroting ‘n heerlike partytjie te reel.
Lizelle de Kock is van Kimberley in die Noordkaap en haar besigheid “Organizit Party Styling” het ‘n plaaslike aanslag met insig vir ouers wat realistiese partytjie beplanning wil doen. Van haar gunstelling temas is die “Howdy Cowboy” tema en “Candy Land”. Haar boek het ook ‘n CD wat alle templates en idees elektronies beskikbaar stel. Vir meer inligting: http://www.organizit.co.za/
In Mommy Matters vertel sy hoe jy kan beplan vir jou volgende kinderpartytjie, watse temas is tans baie populer en watse partytjie beplan sy op die oomblik? Luister gerus na haar raad hier:
Extracted from Party Time by Lizelle de Kock (Struik Lifestyle)
Photos: Malitza de Kock ©
To get your copy of the book, visit: http://randomstruik.co.za/books/party-time/5823