On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

George-ramp: Oomblik van stilte weerspieël somber week

───   14:32 Mon, 13 May 2024

George-ramp: Oomblik van stilte weerspieël somber week | News Article
Die GVCL-krieketspelers het hul innige meegevoel gestuur “aan almal wat geraak word deur die tragedie wat George verswelg het”. Foto: Facebook

“Reddingswerkers op die ramptoneel het ’n oomblik van stilte gehandhaaf.”

Volgens die opdatering om 15:00 Maandagmiddag (13/5) het die Tuinroete-distriksmunisipaliteit die herwinning van ’n bykomende liggaam aangekondig, wat die dodetal op 27 te staan bring. Die munisipaliteit sê reddingswerkekers soek nog na 25 mense.


Presies ’n week ná die ramp, Maandagmiddag om 14:09, het reddingswerkers op die ramptoneel ’n oomblik van stilte gehandhaaf. Verskeie ander mense het elders ook plegtig aan die lewens gedink wat verloor is toe die gebou in Victoriastraat ineengestort het.


Neels Barnard, George se brandweerhoof, sê reddingspanne soek noukeurig deur die puin, vloer vir vloer. “Ons gaan op die oomblik baie stadig, want ons is bang ons beskadig die liggame verder.” Die reddingsoperasie sal volgens hom na verwagting teen Vrydag afgehandel wees.

Vroeër Maandagoggend was die situasie soos volg:


Die bevestigde statistiek vir die voorval is:

  • Totaal geskatte individue op die terrein toe die voorval plaasgevind het: 81
  • Gered en herstel: 56
  • Van wie oorledenes: 27
  • Tans gehospitaliseer: 13
  • Onverantwoord: 25

’n Oomblik van stilte is gehou deur werknemers van George se Kinder- en Gesinsorg. Foto: Facebook

Bheki Cele, die minister van Polisie, het gesê die geïdentifiseerde kontrakteurs het nie die inligting verskaf wat die polisie versoek het nie. Hoewel hulle ’n lys name gekry het, het wetstoepassers dit nie as voldoende aanvaar nie.

“Die regte inligting is wanneer jy jou ID-boek gee, in watter vorm ook al ... Dit is nie op die oomblik beskikbaar nie. Ons probeer saamwerk met die maatskappy of enige ander persoon wat die lys kan gee van daardie mense wat op papier is.”

Die minister doen ’n beroep op betrokkenes om hul samewerking in die ondersoek te gee.

OFM Nuus cg/mc/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.