South Africa
George-ramp: Snuffelhond lei spanne na oorlewende─── 11:18 Sun, 12 May 2024
Oorlewende moedig reddingswerkers aan om voort te gaan met hul toewyding en harde werk.
Reddingswerkers en geliefdes se hoop is hernu toe ’n oorlewende wonderbaarlik ná 118 uur uit die puin gered is nadat ’n vyfverdiepinggebou Maandag (6/5) in George ineengestort het.
Die oorlewende Gabriël Guambe (32), wat byna vyf dae onder die puin vasgekeer was, het Saterdag vanuit sy hospitaalbed sy dank betuig teenoor al die reddingswerkers vir hul meedoënlose pogings.
This is Gabriel Guambe, the man who was rescued from the #GeorgeBuildingCollapse after 6 days under the rubble. It's an absolute miracle. He hardly has a scratch on his body and in good spirits @AlgoaFM pic.twitter.com/smP2QWmg8U
— AlgoaFMNews (@AlgoaFMNews) May 11, 2024
Hy het ’n inspirerende boodskap met die reddingspanne gedeel en hulle aangemoedig om aan te hou met hul toewyding en harde werk tydens die uitdagende taak.
*MEDIA STATEMENT: Special Update on Building Collapse Site*
— Joseph Davidson (Jaco) (@jaco_davidson) May 12, 2024
_Issued by the Garden Route District JOC/George Municipality, 11 May 2024, 19:30_
The 32-year-old Mr. Gabriel Guambe, a survivor who was trapped under the rubble, wants to express his gratitude to all the rescue… pic.twitter.com/GNn7Ti3hjG
Guambe sterk goed aan in die hospitaal, nadat hy merkwaardig genoeg slegs geringe beserings opgedoen het. Dit gaan baie goed met hom, veral as in ag geneem word dat hy 118 uur sonder kos of water was. Hy het onlangs sy eerste maaltyd in die hospitaal gehad.
Die distriksmunisipaliteit het Sondagoggend bevestig dat die dodetal tot 16 gestyg het nadat nog ’n persoon gesterf het. Rowena van Wyk, woordvoerder van die plaaslike regering, het gesê daar word nog na 36 mense gesoek.
Polisie se honde-eenheid gaan voort om te help met die soek-en-reddingspoging. Ao. Willie Visser het Saterdagoggend met sy snuffelhond, Abbey, die spanne op die terrein na die oorlewende Guambe gelei.
Ao. Willie Visser en K9 Abbey. Foto verskaf
Die leidraad is bevestig deur nog ’n snuffelhond, Lex, met hanteerder ao. Riaan le Roux. Gevolglik is Guambe uit die puin gehaal en na die hospitaal geneem.
Lex, met hanteerder ao. Riaan le Roux. Foto verskaf
Die polisie se snuffelhonde en hanteerders is op die toneel sedert die tragedie plaasgevind het as deel van die voortgesette multidissiplinêre soek-reddings-en-hersteloperasie wat Maandagmiddag begin het.
Die snuffelhonde en hanteerders is sedert die tragedie plaasgevind het op die toneel. Foto verskaf
Die soektog na ander vermiste werkers voort. Die George-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen vir ondersoek.
Die adjunk- nasionale kommissaris verantwoordelik vir polisiëring, lt-genl. Tebello Mosikili, en Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt-genl. Thembisile Patekile, het ook Donderdag die toneel besoek om te verseker dat alle nodige hulpbronne op die terrein is, asook om leiding te gee aan diegene wat ontplooi is.
OFM Nuus cg