On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Hondegeveg-advertensiebord toe deel van DBV-veldtog

───   05:44 Tue, 28 Jun 2016

Hondegeveg-advertensiebord toe deel van DBV-veldtog | News Article

Johannesburg - 'n Mobiele advertensiebord vir 'n beplande hondegeveg in Johannesburg, wat 'n opskudding op sosiale media veroorsaak het, was klaarblyklik deel van 'n DBV-advertensieveldtog teen hondegevegte.

Die organisasie het aanvanklik gisteroggend gesê dat hulle van die advertensiebord bewus is en dat hulle die saak ondersoek. 

In 'n verklaring sê die DBV dat die advertensiebord daarop gemik was om die groeiende misdaad van hondegevegte in Suid-Afrika onder die publiek se aandag te bring. 

Woordvoerder Wendy Wilson sê die DBV is jammer dat hulle mense op hierdie manier mislei het, maar het die publiek geloof vir hul passievolle reaksie op die advertensiebord. 

Wilson sê benewens die geweldige lyding wat die honde in hondegevegte verduur, het die misdaad ook 'n verwoestende uitwerking op die mense, kinders en gemeenskappe waar hondegevegte plaasvind en toegelaat word om plaas te vind.  

News24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.