National
Ekonome waarsku ná Barclays ontslae raak van Absa─── 10:46 Sun, 28 Feb 2016
![Ekonome waarsku ná Barclays ontslae raak van Absa Ekonome waarsku ná Barclays ontslae raak van Absa | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_2016228104811.png?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Johannesburg - Ekonome het gewaarsku dat berigte van die onttrekking van Barclays Bank uit Suid-Afrika ook ander buitelandse maatskappye kan aanmoedig om hul belange in die land op te skort.
Die SAUK berig hulle het gereageer op berigte van die invloedryke Financial Times van Londen dat Barclays sy belange in Afrika, wat ABSA insluit, gaan verkoop en op Britse en Amerikaanse markte gaan fokus.
Volgens die koerant is die besluit bespoedig deur president Jacob Zuma se besluit om die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, af te dank, en die volgehoue daling van die rand.
Die koerant sê die nuwe bestuur van Barclays sal die grootste disinvestering uit Suid-Afrika sedert die 1980's bekendmaak wanneer sy finansiële resultate aangekondig word.
Barclays besit net meer as 62 persent van Absa.
SAUK