Local News
Kovsies opgewonde oor UFS101─── 16:40 Mon, 27 Feb 2012
Lani Fouché
Bloemfontein - Studente by die Universiteit van die Vrystaat verwelkom die nuwe kernkurrikulummodule, UFS101, met ope arms. Dié module is splinternuut by Kovsies, en is verpligtend vir alle eerstejaars. Die inhoud daarvan fokus op geskiedenis en die hedendaagse belangrikheid daarvan in Suid-Afrika. Die amptelike bekendstelling van UFS101 word vandag in twee aparte sessies in die Callie Human-saal op die hoofkampus aangebied deur die bekende motiveringspreker Corrie Campbel. Eerstejaars wat die eerste bekendstellingsessie vandag bygewoon het, sê ná die voorlegging, is hulle gerat om die module te voltooi.
Kovsies opgewonde oor UFS101: