Local News
De Aar-gesin in huis vermoor─── 09:51 Sun, 06 Nov 2016
![De Aar-gesin in huis vermoor De Aar-gesin in huis vermoor | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201611695439.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
De Aar - Die polisie soek na verdagtes nadat ’n bekende gesin van De Aar in die Noord-Kaap gisteroggend dood in hul huis aangetref is.
Die Makaleni-gesin is vermoedelik vroeg gisteroggend in hul huis vermoor terwyl hulle geslaap het.
Woordvoerder Sergio Kock sê dit blyk of hulle almal met 'n skerp voorwerp doodgesteek is. Die huis was egter van binne gesluit.
'n Woordvoerder van die departement van onderwys, Geoffrey van der Merwe, het aan Netwerk42 gesê Gladwyn Makaleni en sy vrou, Gladys, was albei werknemers van die departement verbonde aan die distrikskantoor.
Gladwyn was voorheen ’n geliefde onderwyser op die dorp.
Hul seuntjie, Winnie, ’n gr. 5-leerling, is saam met sy ouers dood aangetref.
Hul oudste dogter, Gwendoline, ’n gr. 10-leerling, is die enigste oorlewende van die gesin. Sy het die aand by haar ouma oorgeslaap.
Die polisie vra dat persone wat kan help met die ondersoek na vore kom. Skakel Kobus Nel by 072 563 3366 of kontak 0860 010 111.
Seithati Semenokane/OFM News/Netwerk24.com
Noord-Kaap polisie woordvoerder, Sergio Kock: