Local News
Daar's iets in die dam...─── 08:52 Sat, 05 Nov 2016
![Daar's iets in die dam... Daar's iets in die dam... | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201611585421.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Bloemhof - Sosiale media het gister gegons oor ’n reusagtige item, wat soos ’n bom lyk, wat in die Bloemhofdam in Noordwes gevind is.
Netwerk24 berig bitter min inligting is egter oor die ontdekking daarvan bekend.
Die moontlikheid bestaan dat die dam se dalende watervlak tot die ontdekking kon bygedra het.
Polisiewoordvoerder Amanda Funani het bevestig dat dit inderdaad ’n bom is, maar nie die ware Jakob nie.
Militêre kenner Helmoed-Römer Heitman het ook kopgekrap en gesê dis nie iets wat aan hom bekend is nie. Hy vermoed dis iets wat uit vegvliegtuie gelanseer is.