Local News
Twee renosters van die Bloemfonteinse Dieretuin gestroop─── 14:42 Fri, 01 Apr 2016
![Twee renosters van die Bloemfonteinse Dieretuin gestroop Twee renosters van die Bloemfonteinse Dieretuin gestroop | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201641144318.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Gallo images
Bloemfontein - Twee wit renosters van die Bloemfonteinse Dieretuin is buite Bloemfontein vir hul horings gestroop.
Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê die renosters het op die dieretuin se gronde in Kwaggafontein buite Bloemfontein geloop waar die nuwe dieretuin gebou word. Sy sê ‘n veldwagter het gisteroggend om 10:00 tydens ‘n roetine patrollie die twee renosterkarkasse in ‘n oop stuk veld op die plaas gevind. Die twee renosters is elk drie keer geskiet.
Nkabi sê daar word na twee stropers gesoek en enigiemand met inligting moet hul naaste polisiekantoor skakel.
André Grobler/OFM-nuus