On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

International

Kanker is by prinses Kate gediagnoseer

───   11:56 Sat, 23 Mar 2024

Kanker is by prinses Kate gediagnoseer  | News Article
Catherine, die prinses van Wallis. Foto: Skermgreep/X

“Ná die operasie is bevind dat kanker wel teenwoordig was en sy ondergaan nou voorkomende chemoterapie.”

Catherine, die prinses van Wallis wat alombekend staan as Kate, is Saterdag lof toegeswaai vir haar openhartige en brawe openbaarmaking waarin sy aangekondig het dat kanker by haar gediagnoseer is. 

Dit was slegs weke nadat koning Charles III onthul het dat hy ook in ’n stryd met dié siekte gewikkel is.


Die video wat Vrydagaand vrygestel is, laat die Britse monargie in 'n ongekende krisis in moderne tye met twee van sy mees senior lede wat gelyktydig kanker beveg.

William, Kate en hul kinders word gesien as die moderne gesig van die Britse koninklike familie, en die sleutel tot sy toekoms.

Kate is laas op 25 Desember tydens 'n Kersdag-kerkdiens gesien. Op 17 Januarie is aangekondig dat sy twee weke in die hospitaal gaan wees en etlike maande gaan neem om van buikchirurgie te herstel. Die besonderhede van haar toestand is nie bekend gemaak nie, maar daar is gesê dit is nie kankerverwant nie.



Dié aannames het verander nadat toetse ná die operasie “bevind het dat kanker wel teenwoordig was” en dat sy nou “voorkomende chemoterapie” ondergaan.

“Voorkomende chemoterapie na chirurgie word gegee om die risiko te verminder dat die kanker in die toekoms terugkom,” het Andrew Beggs, ’n senior kliniese genoot en konsultant chirurg aan die Universiteit van Birmingham, aan AFP gesê.

Hy het bygevoeg dit is “ 'n bietjie soos om ’n vloer met bleikmiddel te was as jy iets daarop gemors het”, en genoem dat chemoterapie “enige selle wat gemors is, doodmaak”.

 OFM Nuuscg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.