On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ou Ventersdorp-stadsaal aan die brand gesteek

───   DANE BEISHEIM 05:43 Sat, 12 Sep 2015

Ou Ventersdorp-stadsaal aan die brand gesteek | News Article

Potchefstroom - Die ou Ventersdorp-stadsaal, wat tans die plaaslike verkeersdepartement huisves, is gisteraand aan die brand gesteek.

Dit volg ná plaaslike inwoners wat ontevrede is oor die voorgestelde samesmelting van die Ventersdorp- en Tlokwe munisipaliteite, 'n gewelddadige protes in Potchefstroom gistermiddag gehou het. 

SAPD woordvoerder Paul Ramaloko het dit aan OFM-nuus laat gisteraand bevestig.

Inwoners van Ikageng het die strate gister ingevaar, buitelandse winkels geplunder en eiendom in die Potchefstroom sentrale sakegebied beskadig. Hul het ook 'n memorandum van griewe aan die Tlokwe munisipaliteit oorhandig.

Intussen sê die plaaslike landbouvoorsitter, André Strydom, dat ernstige skade aan die ou stadsaal aangerig is.

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.