Local News
Lianne Greyling-bedrogverhoor hervat more─── OWEN KOCK 14:12 Tue, 21 Apr 2015
Bloemfontein - Die Bloemfonteinse vrou wat teregstaan op aanklagte van bedrog van by die R6 miljoen, Lianné Greyling, se verhoor sal môre in die Bloemfonteinse streekhof begin nadat sy vanoggend vlugtig verskyn het.
Die bedrog hou verband met die invoer van voertuie en motoronderdele.
Die staat het vandag vir uitstel gevra om dokumente na te gaan wat hulle van die verdediging ontvang het.
Landdros Marina Voges het die saak aanvanklik vir drie dae op die hofrol geplaas en sou dit nie genoeg wees nie, sal die verhoor op 19 Mei voortgaan.
Greyling se borgtog is op 12 Januarie teruggetrek en sy was sedertdien in die Kimberley-gevangenis in aanhouding.
Owen Kock/OFM-nuus