National
Video: SA se nuwe minister van finansies en die stoel─── 10:12 Mon, 26 May 2014
Pretoria - Die pas aangestelde minister van finansies, Nhlanhla Nene, maak vanoggend nuus om 'n ander rede as sy aanstelling.
'n Video waar Nene van 'n stoel af val tydens 'n SABC-onderhoud het vanoggend weer soos 'n veldbrand op sosiale media begin versprei.
Nene het in Oktober 2008 'n onderhoud by die openbare uitsaaier gedoen in sy amp as die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies.
Die video wys hoe Nene eers ongemaklik begin rondskuif voordat mense die stoel hoor kraag.
Die volgende oomblik gee die stoel onder hom mee met Nene wat agteroor val.
Maroela Media