On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

National

'Verskeie vakbonde dalk betrokke by vermeende verkoop van poste in die onderwys'

───   06:43 Thu, 15 May 2014

Pretoria - Verskeie vakbonde kan dalk betrokke wees by die vermeende verkoop van poste in die onderwys.
 
Die Nasionale Kongres van Skoolbeheerliggame sê hy stem nie saam met die mening dat slegs die Demokratiese Onderwys-Unie of SADOU, by die bedrogspul betrokke is nie.
 
Berigte het onlangs opgeduik dat lede van SADOU poste vir skoolhoofde en adjunkhoofde vir meer as R30 000 elk verkoop het.
 
President Jacob Zuma het 'n regterlike kommissie van ondersoek na die bewerings goedgekeur.
 
Die sekretaris-generaal van die Nasionale Kongres, Monokoane Hlobo, het die ondersoek verwelkom en sê korrupsie behoort op dieselfde manier hanteer te word.
 
Sapa 

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.