Local News
Christiana: 'Boere moenie help om betogers in toom te hou'─── SABRINA SABRINA 14:54 Wed, 09 Apr 2014
Sabrina Dean
Christiana - Georganiseerde landbou in die Christiana-distrik sê boere moet nie betrokke raak by owerhede se pogings om betogers in toom te hou nie.
Die landbouvereniging se Chris Faure sê hy het vroeër vandag met die Wolmaransstad Cluster-hoof, Elsie Langa, gepraat. Hy sê sy het aangedui die polisie se eenheid vir openbare orde van Vryburg, Bloemhof en Womaransstad is op pad na die gebied om in te gryp.
Faure sê om sake te vererger, word daar boonop die komende naweek ‘n fees wat op die dorp aangebied.
Onrus het 'n week gelede op die nabygeleë Bloemhof uitgebreek. Inwoners het verskeie huise en voertuie aan die brand gesteek en paaie met klippe en brandende bande versper.

Die N12 is tans gesluit.
Chris Faure: