National
Natasha Sutherland en gesin oorleef kaping─── 08:24 Mon, 03 Mar 2014
Johannesburg - Steve Hofmeyr se eksvrou, Natasha Sutherland en haar gesin het Saterdagaand 'n kaping in Braamfontein oorleef.
“Hulle is ongeskonde,” skryf Steve op sy Facebook-blad. Natasha, Henk Goudkamp en klein Benjamin was saam in die motor. “Ben klink bietjie bewerig maar braaf. Hulle was op pad teater toe, maar het toe maar huis toe gekom,” verduidelik Steve verder.
Natasha het op haar beurt almal bedank wat reeds goeie wense gestuur het. “Dit was nie pret dat iemand sê hulle gaan jou gesig afblaas as jy nie jou selfoon vir hulle gee nie,” het Natasha op Facebook geskryf. “Dit was aaklig dat my seun daar was om dit te sien. Baie mamma-skuldgevoelens. Almal het só 'n storie, en dit is die skrikwekkende ding. Maar ons is oukei en dit beteken ons het klaarblyklik nog baie om voor te leef!”

Maroela Media