On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Oscar
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Besoedelde water kan boerdery, ekonomie seermaak'

───   16:36 Fri, 14 Feb 2014

Dirk Kok - AfriForum se Julius Kleynhans sê die regering móét ernstig werk maak van munisipaliteite wat die land se water met riool besoedel. Hy sê die swak gehalte van water weens infrastruktuurprobleme en uiteindelike rioolbesoedeling is nie net 'n gesondheidsgevaar nie. Dit is ook 'n omgewingsgevaar wat boere, voedselsekerheid en die ekonomie skade berokken.
Kleynhans sê toetse wat AfriForum gedoen het asook die departement van waterwese se Groendruppel-verslag wys hoe erg die besoedelingsprobleem is. Volgens waterwese se verslag het slegs 40 uit 800 rioolsuiweringswerke goeie standaarde gehandhaaf.
Die Waternavorsingskommissie het vroeër bevind baie van Suid-Afrika se besproeiingswater voldoen nie aan internasionale voedselveiligheidstandaarde nie.
Agri SA en Vrystaat Landbou se Dan Kriek het verlede jaar gewaarsku besproeiingswater gaan gesuiwer moet word omdat dit gevare inhou vir verbruikers.

Podcasts

Julius Kleynhans:

More from News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.