On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Buchan sê Pierre Korkie gaan leef

───   15:57 Fri, 31 Jan 2014

Dirk Kok - Die evangelis Angus Buchan sê Pierre Korkie, wat in Jemen deur Al-Kaïda gyselaar gehou word, se vrou, Yolandé, en tienerkinders Pieter-Ben en Lize-Marie, kry swaar. Hulle is egter gelowig en glo hul man en pa gaan vrygelaat word, ondanks Al-Kaïda se dreigemente om hom te vermoor indien 'n losprys van R32,5 miljoen nie betaal word nie.
Yolandé Korkie en haar twee kinders het vanoggend in die voorste ry van die CRC-ouditorium in Bloemfontein gesit waar Buchan ’n biddiens vir nog reën, Korkie se vrylating en voorspoed in Suid-Afrika gehou het.
Die CRC-ouditorim was driekwart vol.
Boere, stadsinwoners en leerlinge van onder meer die Hoër Meisieskool Oranje en van Grey-kollege waar Pierre vroeër 'n onderwyser was, het die biddag bygewoon.
Yolandé het op die verhoog op haar knieë saam met Buchan vir die vrylating van haar man gebid. Haar twee kinders het haar hande in die lug gehou.
Buchan het ná die diens gesê daar is by hom geen twyfel dat 'n wonderwerk gaan gebeur en Pierre vrygelaat gaan word nie.
 
 
 Yolandé Korkie en haar seun en dogter, Pieter-Ben (16) en Lize-Marie (14), bid saam met Angus Buchan vir die vrylating van haar man en die kinders se pa, Pierre. Foto's: Dirk Kok
 
 
Yolandé Korkie, in die voorste ry, hou haar hande na bo op die biddiens.
 
 
Pieter-Ben en Lize-Marie Korkie het hul ma, Yolandé, op die verhoog ondersteun terwyl sy op haar knieë saam met Angus Buchan gebid het vir haar man se vrylating uit Jemen.
 
 
Angus Buchan se boodskap aan Yolandé Korkie en haar seun, Pieter Ben, was dat hulle nie meer moet bid vir die vrylating van hul man en pa nie, maar moet dankie sê dat hy vrygelaat gaan word.
 
 
Yolandé Korkie het tussen haar en haar man, Pierre, se tienerkinders, Pieter-Ben en Lize-Marie, gesit op die biddiens vir Pierre se vrylating en vir reën en voorspoed in die land.
 
 
Angus Buchan het saam met Bloemfonteiners gebid vir nog reën, die Vrylating van Pierre Korkie, die verkiesing, vir goeie regering en vir voorspoed in die land.
 
 
Mense het staande en knielend saam met Angus Buchan gebid.
 
 
 Leerlinge van Grey-kollege waar Pierre Korkie vroeër 'n onderwyser was, het ook vir sy vrylating kom bid.
 
 
Die CRC-ouditorium was driekwart vol.
 
 
Leerlinge van die Hoër Meisieskool Oranje (op die galery) was ook op die diens.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Podcasts

Angus Buchan:

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.