National
Renoster as 2012 se Nuusmaker van die Jaar aangewys─── 08:52 Sat, 13 Apr 2013
Die Suid-Afrikaanse renoster is as 2012 se Nuusmaker van die Jaar in Pretoria aangewys.
Voorsitter van die Nasionale Persklub, Antoinette Slabbert, sê die dier was regdeur die jaar in die nuus weens stropery.
Sy sê dit is uiters belangrik dat organisasies en instansies aksie moet neem teen die vrekmaak van renosters vir hul horings.
'n Versekeringskenner Anton Roux sê die media se dekking van renosterstropery speel 'n groot rol in die bekamping daarvan.
Die persklub het in Januarie onder fel kritiek deurgeloop met sy voorstel dat die renoster 2012 se grootste nuuskamer was.
In dieselfde jaar is 34 mynwerkers by Marikana doodgeskiet, Limpopo skoolkinders moes sonder handboeke klaarkom, ANC Jeugligaleier Julius Malema is van die ANC geskors en president Jacob Zuma se Nkandla-woning het lank hooftrekke gehaal.
Openbare beskermer Thuli Madonsela en Malema het in 2011 die titel gedeel.
Sapa