National
Te veel jongmense neem verkeerde loopbaanbesluit─── 12:40 Wed, 07 Nov 2012
Lani Fouché
Onlangse navorsing toon dat te veel jongmense die verkeerde loopbaanbesluit neem, en daarmee saam duisende rande mors.
Die onafhanklike onderwysinstituut sê meer as die helfte van 2 600 eerstejaarstudente, wat aan 'n opname deelgeneem het, het gesê hulle het nie direk na skool begin studeer nie, en helfte van hulle sê hulle het eers elders studeer.
Felicity Coughlan, direkteur van die instituut, sê die landswye benadering tot die hoë eerstejaar-uitvalkoers moet hersien word sodat meer individuele aandag en leiding aan elke skolier gegee kan word. 'n Skrale 15% van eerstejaarstudente sê hulle het professionele loopbaan-raad op skool ontvang.
OFM Nuus het by Vrystaatse skoliere uitgevind of hulle seker is oor hul loopbaankeuses:.
Matrikulante regoor die land skryf vandag Geskiedenis, en môre Engels tweede vraestel.