Local News
Polisie warm op spoor van Fochville-plaasaanvallers─── 17:20 Thu, 25 Oct 2012
Dane Beisheim
Fochville - Die Gautengse polisie hoop om binne die volgende 48uur twee verdagtes in hegtenis te neem na ’n huisinbraak Dinsdag op ’n plaas naby Fochville.
Noordwes-polisiewoordvoerder Johan Maas sê ’n 74-jarige vrou en haar 38-jarige dogter is op hul plaas in Losberg aangeval.
Hulle is saam met twee werkers vasgebind en in die badkamer gelos nadat hulle erg aangerand is. Die verdagtes het gevlug in die vrou se motor met verskeie van haar persoonlike besittings.
Maas sê ondersoekbeamptes is op die verdagtes se spoor en talle leidrade word opgevolg.