Agriculture
Ondersteuning vir kommunikasie in landbou nou nodig─── 11:53 Fri, 19 Oct 2012
Landbounavorsers in ontwikkelende lande is baie gretig om hul resultate aan die publiek oor te dra, maar word dikwels teruggehou deur hindernisse en ‘n gebrek aan ondersteuning.
Dit is volgens ‘n opname wat in die Agricultural Information Worldwide gepubliseer is.
Die resultate is gegrond op die reaksies van 1500 navorsers, waarvan die meerderheid in Afrika, Asië en Latyns-Amerika werk.
Volgens die opname, sê 80% van die respondente dat ‘n bydrae tot die verligting van hongersnood en armoede, een van die grootste motiveerders vir die kommunikasie van navorsingsresultate is.
Die navorsers het ook ‘n behoefte aangedui vir opleiding in die gebruik van digitale kommunikasieplatforms.
Verskaf deur Agricultural Information Worldwide