Agriculture
Vinnige lekker hoender─── 10:50 Fri, 07 Sep 2012
Vinnige heerlike hoender
1 hoender of hoenderporsies
1 pakkie dik groentesoppoeier
Half koppie mayonnaise
Half koppie tamatiesous
Half koppie blatjang
500 ml water
Aromat
Wit peper
Meng al die bestanddele en gooi oor die hoender. Plaas dit in 'n bak en bak sonder deksel op vir 2 ure by 160 º. Gooi nou en dan van die sous in die bak oor die hoender stukke.
Aartappels saam gebak word. Plaas die aartappel in die laaste uur by die hoender. Maak aartappelstukke nat met die sous van die hoender en sprinkel aromat en peper na smaak oor die aartappelstukke.
Erkenning aan Mardi Delport vir die resep.