On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Regskenner meen die staat het duistere motiewe

───   14:26 Fri, 31 Aug 2012

Lani Fouché

'n Regskenner meen die feit dat die 270 Lonmin-mynwerkers nou bykomende moord- en poging tot moord-aanklagte in die gesig staar, is 'n duidelike aanduiding dat die staat duistere motiewe het.
 
Die Universiteit van Kaapstad se Pierre de Vos se kommentaar volg ná die staat se besluit gister om moord- en poging tot moord-klagte teen elke verdagte te bring na 'n skietery naby Lonmin se Marikana-myn in Noordwes, waartydens 34 betogers gesterf het.

De Vos sê dit is 'n blatante skending van die Suid-Afrikaanse regstelsel, omdat dit op geen regsgronde staan nie.

Die saak is in die Ga-Rankuwa Landdroshof na volgende Donderdag uitgestel. Die beskuldigdes bly intussen in aanhouding.



Podcasts

Pierre de Vos meen die staat het duistere motiewe:

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.