29 Januarie 2021
06:00 – 09:00 (OFM Outside Broadcast)
Maak hierdie naweek (28 en 29 Januarie 2022) ’n draai by Builders Depot in Kroonstad om verjaarsdagbesparings te geniet. Vrydag en Saterdag sal alle klante die kans kry om ’n ballon te bars, om ’n afslagkoepen ter waaarde van tussen 2,5% en 50% te wen.
Sluit Vrydag aan by Die Good Morning Breakfast, wanneer Shandor Potgieter en die span regstreeks vanaf 06:00 by Builders Depot uitsaai. Op Vrydag kan jy ook smul aan kerrie en rys teen R25, ’n burger vir ook R25. Die Bloedbank sal daar wees vir bloedgroeperingstoetse vanaf 11:00.
En, die Dulux-honde sal Vrydag daar wees vir jou om hulle te ontmoet en foto's saam met hulle te neem!
Saterdag is daar ’n potjiekoskompetisie vanaf 10:00. Daar is plek vir agt spanne van vier en inskrywings is gratis. Daar gaan 1ste, 2de en 3de plekke aangewys word, asook ’n prys vir die span met die beste gees. Elke span is verantwoordelik vir hul eie gazebo en benodighede vir die pot. Om in te skryf vir die potjiekoskompetisie, kontak 083 602 8242.
Daar sal Saterdag ook kosstalletjies en ’n springkasteel vir die kinders wees.