South Africa
Die Afrikaans 100-oorsigkomitee stel hul veldtog bekend─── 09:11 Sun, 14 May 2023
Die Afrikaans 100-oorsigkomitee het vandeesweek hul veldtog vir die eeufeesviering van Afrikaans in 2025 bekend gestel.
Dr. Theuns Eloff, voorsitter van die komitee, sê aan eNuus dié mypaal wat binne twee jaar bereik word, gaan behoorlik gevier word. Afrikaans het vanaf kombuistaal gegroei tot die moedertaal van 6 miljoen Suid-Afrikaners.
Die kleurvolle embleem vir die feesviering weerspieël die taal se kreatiwiteit en diversiteit.
Eloff sê die fees moet ‘n opbouende ervaring vir alle Suid-Afrikaners wees. Dit word gereël in ‘n gees van samewerking met ander inheemse taalgemeenskappe.
Die komitee rig ‘n landswye uitnodiging aan skole en ander organisasies om deel te neem aan die viering wat op 6,7 en 8 Mei 2025 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl plaasvind.
OFM-nuus/Elsabé de Jager