On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Bheki Cele mislei publiek oor forensiese toetse: VF+

───   17:05 Tue, 02 Aug 2022

Bheki Cele mislei publiek oor forensiese toetse: VF+ | News Article
Die minister van polisie, Bheki Cele.

Die minister van polisie, Bheki Cele, is oneerlik met die publiek van Suid-Afrika deur voor te gee die polisie maak vordering met die reuse agterstand in DNS-toetse.

Ná die onaanvaarbare en wrede verkragting van agt vroue wat besig was om ’n musiekvideo by Krugersdorp te maak, het minister Cele nou skielik na vore getree en gesê die polisie is besig om die agterstand in DNS-toetse te verminder.

Die waarheid is egter dat polisieverslae wat voorgelê is aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, ’n ander prentjie skets.

Luidens die Junie-verslag vanjaar was die agterstand in DNS-toetse 150 131. Die verslag is onderteken deur minister Cele.

In die volgende verslag (Julie verlede maand) het die agterstand vermeerder tot 180 381.

Dit is meer as 30 000 binne ’n enkele maand en onderteken deur minister Cele self. Die minister mislei daarom die publiek deur te sê die agterstand word minder.

Dit is duidelik dat die voorval in Krugersdorp ’n groot verleentheid vir die polisie is en daarom probeer die minister met onwaarhede om die indruk te wek dat DNS-toetsings by die polisie se laboratoriums geprioritiseer word.

Die feit dat die minister spesiale aandag vereis vir die Krugersdorp-voorval, is dit uiters onbillik en ’n klap in die gesig van ander misdaad- en verkragtingslagoffers van wie sommige al langer as twee jaar wag op die uitslae van toetse wat met hul sake verband hou.

Die VF Plus het verlede jaar reeds daarop gewys dat pres. Cyril Ramaphosa, min. Cele en die destydse nasionale kommissaris, genl. Khehla Sitole, by herhaling die probleem as ? krisis erken het en beloof het “onmiddellik” werk daarvan te maak.

Pres. Ramaphosa het in Mei 2021 aan die parlement gesê die agterstande is “heeltemal onaanvaarbaar” en die polisie “werk hard om dit uit te wis”. Hy het onderneem om selfs die private sektor te betrek om te help.

Min. Cele het met ? parlementêre debat in 2021 gesê die situasie is ? krisis wat ? “enorme invloed op die afhandeling van hofsake oor ernstige misdaad soos moord en verkragting het”.

Dit is nou duidelik dat dit net leë beloftes was en daar geen waarde geheg kan word aan die beloftes en uitsprake van die regering oor die krisis nie.

Ek het al by herhaling gesê die strafregstelsel en onbevoegdheid in die polisie faal die publiek toenemend.

Dit is duidelik dat daar net een oplossing is en dit is om die minister van polisie te vervang met ’n persoon wat nie net krisisbestuur toepas nie en bereid is om daadwerklik aandag te gee aan die misdaadprobleem. ’n Persoon wat nie soos min. Cele tegelykertyd minister en kommissaris wil wees en sodoende die operasionele vermoë van die polisie ondermyn nie.

Pres. Ramaphosa sal daadwerklik moet optree in die publiek se belang. Intussen mag daar nie gediskrimineer word teen ander misdaad-slagoffers waar DNS-toetse lank reeds uitstaande is nie.

Verklaring verskaf. 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.