On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Rugby

Eerste Paul Roos teen Grey interskole in drie jaar

───   MORGAN PIEK 08:37 Thu, 18 Aug 2022

Eerste Paul Roos teen Grey interskole in drie jaar | News Article
Werner Gouws en Kade Wolhuter - Morgan Piek

Opwinding heers onder seuns van Grey-kollege wat vandeesweek na die Kaap reis, waar hulle teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan sal kom.

Vanjaar se spog-interskole kragmeting sal sonder twyfel ekstra spesiaal wees aangesien dié twee rugbyfabrieke van Suid-Afrika die eerste keer in drie jaar weer sake sal uitspook. Weens die wêreldwye Covid-19 pandemie kon die geleentheid nie plaasvind nie.

Die laaste keer wat die twee eerstespanne kon kragte meet, was in 2019 toe ‘n uitstaande tweede helfte vertoning daartoe gelei dat Grey vir Paul Roos met 51-28 die loef afgesteek het op die Markötter-veld in Stellenbosch. Daardie wedstryd, wat as een van die bestes tot nog toe beskou word, word liefdevol na verwys as die ’51 shades of Grey’-kragmeting.

Soos voorheen, sal Grey se beste spelers ongelukkig nie vandeesweek in aksie wees nie aangesien ses van die seuns oor die naweek vir die Suid-Afrikaanse skolespanne teen Engeland en Frankryk se skolespanne uitdraf. Die spelers wat die naweek nasionale diens sal doen, is Caleb Abrahams, Casper Badenhorst, Alfondso Isaacs, Lucas Meyer en JF van Heerden (almal SA o.18). Die losskakel Bradley Giddy sal in aksie wees vir die SA o.18 A-span. Dit is immers niks vreemds nie, en hulle sal volle vertroue hê in die 2de-span (Cherries) se spelers wat na die eerste span opskuif.

Grey sal dalk voel dat hulle effens minder voorbereid is aangesien hulle ‘n paar weke gelede mededingende wedstryde gespeel het. Dit is omdat Glenwood van Durban die bepaling teen Grey uitgestel het.

Bo en behalwe die rugby wat in die Eikestad sal plaasvind, sal die twee skole ook sake uitspook in ander sportsoorte soos hokkie, tennis, waterpolo, bergfiets, gholf en nog meer.

Saterdag se groot rugbywedstryd tussen die eerstespanne op die Markötter-veld sal om 14:00 afskop.

Morgan Piek/OFM-sport

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.