On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Press Office

Opwindende nuwe programme en aanbieders vir OFM

───   16:04 Fri, 31 Jan 2020

Opwindende nuwe programme en aanbieders vir OFM | News Article

Bloemfontein – OFM, die klank van jou lewe in Sentraal Suid-Afrika, kondig met trots ’n nuwe programskedule en -aanbieders aan, wat luisteraars sal inspireer om in 2020 waarlik voluit te leef.

Die nuwe aanbieding streef daarna om die houdings en lewenstyl van OFM se luisteraars te weerspieël. Hierdie leefstyl is op ’n unieke manier moontlik in Sentraal Suid-Afrika, waar inwoners in die benydenswaardige posisie is om ’n gehalte lewenstyl te hê. 

Weeksdae begin steeds in die geselskap van die Liberty Radiotoekennings se “Bright Star”-wenner Gerben van Niekerk in Before Dawn van 05:00 tot 06:00. Die gewilde OFM-aanbieder Shandor Potgieter sal egter voorts agter die mikrofoon inskuif vir The Good Morning Breakfast Show van 6:00 tot 9:00, saam met nuwe vonds Lesley Piet and Supersport-aanbieder Sam Ludidi. 

Voormalige aanbieder Yolanda Maartens maak ’n welkome terugkeer na OFM, ná ’n paar jaar by liefdadigheidsorganisasie Reach for a Dream, om Mid-Morning Magic van 09:00 tot 12:00 aan te bied, terwyl Enriko Klopper jou van 12:00 tot 15:00 in At Lunch geselskap sal hou. Die nou bekende span van digitale swaargewig Nico van der Westhuizen en voormalige Mej Vrystaat Mienke van Rooyen sal steeds The Joyride van 15:00 tot 18:00 aanbied, saam met produksieleier Jaybee Makhalemele en sportaanbieder Aaron Masemola. Die gesoute Cyril Viljoen neem die leisels van OFM Nights van 18:00 tot 21:00 oor, terwyl jy VIP Access kry saam met sanger en akteur Alucius Mocumi van 21:00 tot 01:00. 

Naweke op OFM trek ook ’n nuwe baadjie aan. Pieter Venter is steeds Saterdae- en Sondae-oggende van 06:00 tot 09:00 aan die stuur, waarna Enriko Klopper jou naweek na die hoogste rat oorskakel met die Central South Africa Top 30 van 09:00 tot 12:00. Lesley Piet neem beheer van The Saturday Express van 12:00 tot 16:00, met Gerben van Nierkerk wat jou in die partytjieluim kry met Decades van 16:00 tot 20:00. Sit jou sitplekgordel aan vir die rit van ’n leeftyd met Fran-Rico Lukas en The Super Mix van 20:00 tot 00:00. 

Die legendariese Tony Blewitt speel steeds die beste musiek van die 80’s in The Absolute 80s Show van 09:00 tot 12:00 Sondae-oggende, terwyl Alucius Mocumi saam met jou kuier in The Sunday Express van 12:00 tot 16:00. Yolanda Maartens speel jou keuses van 16:00 tot 19:00 in All Request Sundays, terwyl Fran-Rico Lukas jou naweek op ’n rustige noot afsluit met die Sunday Sweet Session van 19:00 tot 22:00. 

Tim Thabethe, OFM Programbestuurder: “Die nuwe programaanbieding demonstreer hoe OFM Sentraal Suid-Afrika se passie ‘om voluit te leef, of to live the real good life’ wil verwensenlik. Ons verbind ons daartoe om te weerspieël wat dit beteken om in hierdie uitgestrekte sentrale streek te leef. Ons vier familie, vriendskap en die gemeenskap. Ons aanbieding sal daarop fokus om eg, eerlik, trots en deernisvol teenoor ons luisteraars te wees en ons sal voortgaan om die gees van ons luisteraars te reflekteer en steeds die klank van jou lewe te wees.”

Die nuwe programaanbieding sal vanaf 3 April van stapel gestuur word. Gaan na www.ofm.co.za vir meer, of skakel in op OFM. 

EINDE 

Vir meer inligting, skakel asseblief vir Lindiwe Mtwentula by 051 5050 900, 082 416 1665 or lindiwe@ofm.co.za


WIE IS OFM? OFM is Sentraal Suid-Afrika se toonaangewende kommersiële radiostasie met ’n aanbieding van musiek, nuus en vermaak. Die stasie bedien die invloedryke SEM 7-10 mark en sy uitsaaigebied sluit die Vrystaat, Noord-Kaap, suid-Gauteng en Noordwes in. Die handelsmerk is sinoniem met die mense van Sentraal Suid-Afrika en dek die volledige luisteraarspektrum: van stedelike jongmense tot afgetrede pensioenarisse, van werkende ma’s en pa’s tot suksesvolle professionele persone, van landelike gemeenskappe tot landbouprodusente. Daarom bied OFM ook ’n aantal nisinsetsels aan – insluitende ’n landbouprogram, agri-nuus twee maal per dag, en vermaak- en sportinsetsels. Danksy ’n uiters lojale en ondersteunende gehoor, geniet OFM een van die hoogste voorkomste van tyd spandeer om na die radio te luister in Suid-Afrika. OFM is deel van die Central Media Group, waarvan die hoofkantoor in Bloemfontein is. Daar is ook ’n ateljee in Welkom. Vind OFM aanlyn by www.ofm.co.za.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.