On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Europa se Marsverkenningstuig is hier

───   08:46 Sun, 22 Apr 2018

Europa se Marsverkenningstuig is hier | News Article
Die Mars-tuig (Space.com)

Europa se Marsverkenningstuig is hier. Of altans 'n model daarvan.


Die BBC berig die tuig is ontwikkel vir gebruik in die Europese Ruimteagentskap se ExoMars 2020 sending waar daar na lewe op die Rooi Planeet gesoek sal word. 

Die proeftuig, waarna as die strukturele termiese model verwys word, of STM, het ten doel om die uiteindelike vaartuig se ontwerp te toets voordat dit in die ruimte gelanseer word. 

Dis een van drie ruimtetuie wat gebou word vir die sending. Een word getoets, een bly op Aarde om te gebruik om probleme te diagnoseer en die derde gaan na Mars. 

Die ruimtetuig is by die Airbus-fabriek in Stevenage in die Verenigde Koninkryk gebou en sal nou na Toulouse, Frankryk, gestuur word vir toetse.


BBC



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.