Off-Beat-News
Eerste Afrikaanse rolprent in Spaans vertaal─── 09:40 Sat, 18 Mar 2017
Die rolprent 'Eintlik nogal baie' is die eerste Afrikaanse rolprent tot nog toe wat in Spaans vertaal is.
Netwerk24 berig die rolprent waarin André Lötter en Marisa Drummond die hoofrolle vertolk, is in samewerking met Leomark Studios in Los Angeles, Amerika, in Spaans vertaal en word dit eersdaags op DVD en video-on-demand uitgereik in lande soos Amerika, Puerto Rico, die Dominikaanse Republiek, Kuba, Mexiko, Guatemala, El Salvador, Nicaragua, Costa Rica, Panama, Colombië en Venezuela.
Die fliek heet in Spaans 'Realmate Bastante'.