On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Bou nou voort op positiewe sentiment

───   08:30 Tue, 10 Dec 2024

Bou nou voort op positiewe sentiment | News Article
Foto: Getty Images

Ontleders meen positiewe neigings in die landbousektor bied ’n geleentheid om die sektor se langtermyn-groei te ondersteun.

“Ons moet op hierdie optimisme voortbou deur samewerking tussen besigheid en regering, veral in infrastruktuur, markuitbreiding, en biosekuriteit,” sê Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika (Agbiz).

Hy’t reageer op die Agbiz/IDC Landbousakevertroue-indeks wat in die vierde kwartaal van 2024 met 10 punte na 58 gestyg, die hoogste vlak sedert die tweede kwartaal van 2022. Dit dui op groeiende optimisme onder Suid-Afrikaanse landboubesighede oor saketoestande in die land.

“Die ACI bly ’n sleutel-aanwyser van die landbousektor se gesondheid en dien as ’n waardevolle hulpmiddel vir beleidmakers en besigheidsleiers.

Volgens die jongste ACI-resultate, dra verskeie faktore tot hierdie positiewe sentiment by. “Hierdie sluit gunstige weersomstandighede in, met verwagtinge dat La Niña-reën ’n sterk 2024-2025 landbouseisoen sal ondersteun. Verbeterings in kragtoevoer, doeltreffendheid by hawens, en ’n beter politieke klimaat ná die totstandkoming van die Regering van Nasionale Eenheid, is ook uitgelig as sleutelaspekte wat optimisme aanwakker.”

Verbeterings in subindekse

Van die tien subindekse wat die ACI saamstel, het vyf aansienlik verbeter in K4:

Markaandeel: Die subindeks het met 2 punte gestyg na 67, aangedryf deur optimisme in wintergraanstreke.

Kapitaalinvestering: ’n Verbetering van 5 punte na 63, danksy laer rentekoerse wat beleggings meer toeganklik maak.

Uitvoervolumes: Hierdie subindeks het merkwaardig met 69 punte gestyg na 83, die hoogste vlak sedert K1 2022, weens verhoogde handelsaktiwiteite in graan- en vrugtesektore.

Algemene Ekonomiese Toestande: ’n Toename van 20 punte na 63, aangedryf deur stabilisering in kragtoevoer en verwagtinge oor verbeterde ekonomiese groei.

Algemene Landboustoestande: Hierdie subindeks het 17 punte gestyg na 67, ondersteun deur positiewe verwagtinge oor reënval en goeie oeste in die wintergraanstreke.

Uitdagings duur voort

Omset het met 4 punte afgeneem na 46, wat swak oeste in die 2023-24 seisoen weerspieël.

Netto Bedryfsinkomste en Werksgeleenthede het ook onderskeidelik met 5 punte elk afgeneem.

Daarteenoor dui ’n daling in die Skuldvoorsiening vir Slegte Skuld-subindeks (8 punte laer op 42) op finansiële verligting.

OFM Agri cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.